ONS KLOP COVID-19 MET AANLYN-OPLEIDING!

Demokratiese Republiek die Kongo (DRK)[caption id="attachment_233947" align="aligncenter" width="300"]

Pastor Mafika

Pastoor Mafika deel sy verhaal in die sandbak. Kyk na die betrokkenheid van die ander! Hulle het sy storie saam met hom vertel, vir hom speelgoed gegee, gehelp as hy die woorde nie mooi kon vind nie. Hierna het ‘n ander deelnemer gesê dat die verhaal net sowel sy eie kon wees - ebola, covid, rebelle, soldate, dood en hopeloosheid in 'n vergete uithoek van die wêreld. Maar in hierdie chaos het hulle almal besluit dat hulle aan God sal vashou en die boodskap van hoop, liefde en vrede sal aanhou versprei. Ons is saam met hulle op heilige grond ... en alles gebeur met Zoom.[/caption]Pogings om opleiding in Beni, Demokratiese Republiek die Kongo (DRK), aan World Vision personeel aan te bied, is verskeie kere in die wiele gery. Beni, in die noordooste van die DRK, is die brandpunt van die tweede grootste ebola-uitbraak in Afrika en lê terselfdertyd in die hart van ‘n burgeroorlog wat reeds dekades woed. World Vision International is reeds lank besig om hoop en verligting in hierdie stukkende gemeenskap te bring. Die emosionele pyn van die kinders het egter nie genoeg aandag gekry nie en Petra Instituut is genooi om te kom help met opleiding. Ons is verlede jaar verskeie kere verhinder om te gaan, maar met die Covid-19 inperkings het ons uiteindelik besluit om die opleiding aanlyn aan te bied.Phiona Koyiet*, World Vision, vertel wat die waarde van die opleiding vir World Vision is. Sy het tydens die kursus as koördineerder en waarnemer opgetree.“Hierdie opleiding is baie relevant vir World Vision, omdat ons in al ons programme op kinders fokus. Ons gebruik geloofsleiers om soveel moontlik na kinders uit te reik. Christenskap en kinders as fokus is ons handelsmerk. As ons dus ons gestruktureerde opleiding op dié wyse vereenvoudig, sal ons baie meer kinders op 'n baie eenvoudige, maar baie belangrike intervensie van hoë gehalte kan bereik, en wat baie maklik is om mense op enige vlak van die gemeenskap hierin op te lei.”“Die kursus was baie goed georganiseer vir virtuele aanbieding, ten opsigte van die inhoud, kwaliteit, psigologiese ondersteuning en toesig. Dit was bemoedigend om te sien wat die deelnemers met die kinders bereik het en hoe hulle die aktiwiteite met die kinders geniet het.“Met die opleiding van die eerste groep van 10 studente wat die deelnemers moes aanbied, was hulle passie en toewyding opmerklik, wat duidelik blyk dat die opleiding wat hulle ontvang het, hulle toegerus het om dieselfde opleiding aan ander oor te dra.“Dit was ook duidelik dat die kinders dit terdeë geniet het, want hulle het elke keer daarna uitgesien dat die leiers weer met hulle kom speel.”*Senior Tegniese Raadgewer van Geestesgesondheid en Psigo-sosiale ondersteuning, World Vision International.Mongolië[caption id="attachment_233948" align="aligncenter" width="300"]

Kobus en Charlotte Hugo

Kobus en Charlotte Hugo[/caption][caption id="attachment_233949" align="aligncenter" width="300"]

Studente besig met Zoom-opleiding

Studente besig met Zoom-opleiding[/caption]Drie jaar gelede woon ’n mediese dokter, Kobus Hugo, en sy vrou Charlotte, die Walking with Wounded Children-kursus in Witrivier by. Soos dikwels in die verlede, het die Here Sy spesifieke afsprake met mense. Charlotte en Kobus word bewus daarvan dat die Here ‘n spesiale opdrag vir hulle het. Die afgelope twee jaar was die egpaar in Mongolië. Kobus het vir International SOS as dokter gewerk en Charlotte het o.a. betrokke geraak by die Asian Foundation-kinderhuis. Van vroeg af was Charlotte en Kobus oortuig daarvan dat ‘n kursus met die vaardighede wat hulle by Petra geleer het, baie nodig sou wees vir die personeel van die kinderhuis. Hulle vertel stories van vreeslike swaarkry en ly ding van weggooi-kinders in Mongolië. Oor die algemeen beleef hulle dat mense in Mongolië sukkel om oor hulle emosies te praat en dat daar ook nie juis geluister word as mense praat nie.Die kursus word vir September 2020 beplan. En toe kom Covid-19, en die Hugo’s word in Mongolië vasgekeer, en niemand kan in of uit nie. Maar met die internet kan ons die enige plek in en so gebeur dit dat Hongoroo, Javkhlan, Ganaa en Azaa, leiers van die kinderhuis, in Charlotte se woonstel in Ulaanbatar bymekaarkom om te leer van Jesus se liefde vir kinders en hoe om deur speel en stories hulle wêreld in te gaan. As ‘n bonus sit een van ons oudstudente, Suzanna Azmy van Egipte, ook in. Sy en haar man is tans bestuurders van ‘n kinderhuis in Suid-Soedan. Corry Vreugdenhill, die tagtigjarige stigter van die kinderhuis, sit vanuit Holland vir die kursus in en is baie beïndruk met die verandering in die verhoudings tussen haar personeel en die kinders. Die fokus is hoe om verhoudings te bou met kinders en om met God se oë na kinders te kyk. Die kursusgangers gaan elke dag terug na die kinderhuis toe en gaan speel met kinders, sit saam met hulle op die vloer, ruil stories uit en luister regtig. So gaan ‘n nuwe wêreld oop vir die kinderwerkers en vir die kinders. Ons is innig dankbaar dat die kursus lewens verander. Ons leer die vier hoe om ander op te lei en die nuwe tutors neem onmiddelik die inligting verder na al die ander kinderhuis-werkers asook na van die plaaslike kerke. Nie lank daarna nie word Hongoroo en haar span na ander kinderhuise genooi om daar te kom oplei. Mag die Here hierdie werk en Sy liefde vir die kinders in Mongolië vermenigvuldig.

back to blogs