[caption id="attachment_233956" align="aligncenter" width="300"]
Dirk Coetsee en Bernard Joubert[/caption]Petra Instituut het Bernard Joubert op 10 Januarie 2020 as Besturende Direkteur ingehuldig. Hy volg Dirk Coetsee op, wat die afgelope 16 jaar ‘n baie groot bydrae tot die ontwikkeling en uitbreiding van Petra Instituut gemaak het.Alhoewel Bernard, ‘n tafeldruifboer van De Doorns in die Wes-Kaap, nou eers by die organisasie aansluit, is hy al 23 jaar lank betrokke by die werk en opleiding van die instituut, en beskik oor ‘n ryk ervaring in kinderbediening. Bernard en sy vrou, Chrismaré, is in 1997 by die instituut opgelei, waarna hy met opleiding in die Wes-Kaap begin het. Die ou tronk in De Doorns is in ‘n opleidingsfasiliteit omskep en het as ‘n satallietkampus van Petra Instituut gedien. Bernard was instrumenteel in die ontstaan van Children Mission in Oekraïne en die werk het vandaar uitgebrei na Rusland, Moldawië, Armenië, Latvië, Georgië en Kazakstan, en het ook in Luanda gehelp om ons Angolese OM vennote te ontwikkel.Dirk sal voortaan as Algemene Bestuurder: Strategiese Verhoudings funksioneer en steeds by opleiding betrokke wees. Die Raad van Basilea, bestuur, personeel en medewerkers bedank Dirk vir die groot bydrae wat hy in sy termyn as hoof van Petra Instituut gemaak het, en wens ook Bernard die Here se seën toe vir die pad vorentoe.