“Toe ek in Mosambiek was, het ek die straatkinders sien bedel. Ek het met hulle oor die Bybel gepraat, maar hulle het geen Bybelkennis gehad nie. Terwyl ek nog daar was, het die Here een aand met my gepraat oor 'Ek was honger en jy het my gevoed, dors en jy het my iets gegee om te drink...' Ek het gevoel, ja, ek het honger kinders sien smeek vir brood net om die dag te oorleef. Ek het ook siek kinders gesien wat verskriklike brandsiekte gehad het.”
Sybil Baloyi
Sybil Baloyi, direkteur van Hlauleka Mumpswa, 'n NWO wat sy in Chokwe, Mosambiek, begin het, is 'n vrou van vasberadenheid – wat sy besluit, doen sy, ongeag die opoffering.
Sy het in Malamulele, in die platteland van Limpopo-provinsie, Suid-Afrika groot geword, waar sy skool gegaan het en as verpleegster opgelei is.
"Ek was baie ernstig oor onderwys en was van plan om opgelei te word as 'n tutor vir verpleegsters."
’n Besoek aan ‘n sendingdokter in Mosambiek saam met ’n paar vriende het egter die keerpunt in haar lewe geword en sy het in gehoorsaamheid aan die Here se roeping gereageer.
“Mosambiek was besig om te herstel van 'n 16-jaar lange burgeroorlog. Die vredesverdrag is in 1992 onderteken en ek het in 1994 gegaan. Dit was nie vir my maklik nie – van werk vir ’n salaris tot geen salaris! My eerste huis was 'n enkelkamer modderhuis - 'n bietjie meer as drie meter by drie meter. Maar wat my aan die gang gehou het, was om vrede te hê dat dit is waar die Here wou hê ek moet wees.”
Kennismaking met Petra Instituut
Sybil het te hore gekom van die opleiding van Petra Instituut en het 'n driemaande kursus in 1995 bygewoon.
“Toe ek terug is Mosambiek toe, was ek so gestruktureerd – het planne gemaak vir die kinderklubs en geweet waar en hoe om mense te begin oplei. Ek het moed gehad en was nie meer bang nie.”
- Sybil het begin met kinderbediening, die bou van verhoudings met kinders deur met hulle te speel, hul vertroue te wen en uit die Bybel te onderrig. En die gemeenskap het kom kyk wat sy doen. Toe sy mettertyd mense nooi om na die opleiding te kom, was hulle gereed en wou hulle opgelei word.
- Die volgende fase van die strategie was om saam met die Kerk te werk, die kinders te versorg, die Woord van God aan hulle te bring op hul begripsvlak totdat hulle ouer was en saam met die volwassenes kon kerk bywoon. As jong volwassenes het hulle op hul beurt opleiding ontvang en die kinders bedien.
- Dit het ook gemeenskapsgebaseerde programme geword waar almal verantwoordelik was, veral die gemeenskapsleiers.
- Ná twee jaar het sy tienerklubs begin. Die tieners is behulpsaam in hul kerke en gemeenskappe deur die kleiner kinders in hul klubs te onderrig. Sybil het die tieners gekies wat geestelik volwasse was, van tien tot twaalf jaar oud en hulle opgelei. Sy het ook vir hulle sekere verantwoordelikhede met die jonger kinders gegee.
- Baie jongmense het na hierdie klubs gekom en ontwikkel tot sterk leiers in hulle kerke. Deur hulle van kleins af te onderrig en op te lei, is hulle as toekomstige leiers gevorm. Dit is maklik vir hulle om eienaarskap van die program te neem, selfs as tieners en jong volwassenes. Hulle is ook betrokke by hul kerke.
- Sybil het 'n kleuterskool in Chokwe begin, waar sy steeds gevestig is. Sy het ook 'n laer- en hoërskool begin en beplan om 'n Christelike kollege te begin om die jeug beroepsopleiding te gee. Meer as 3 000 kinders word deur die skole onderrig.
- Toe Sybil in Mosambiek begin het, het kinders selde graad 7 of 8 voltooi en het op ongeveer 15-jarige ouderdom getrou. Deur 'n holistiese benadering, wat die onderrig van die Bybel, gesondheidsorg, en ander lewensvaardighede ingesluit het, het sy hulle egter aangemoedig om anders na onderwys te kyk en hard te werk om hulself beter toe te rus . Nou trou jongmense in hul laat 20's of vroeë 30's, wat behoorlike onderwys, 'n loopbaan en 'n goeie inkomste in plek stel om vir 'n gesin te voorsien. Hulle het nou minder troues en meer gradeplegtighede!
- Hierdie kinders word groot om verantwoordelike landsburgers te word met gesonde werksetiek, en hulle help om die land te bou en in die lewens van ’n jonger geslag in te bou.
Die norme van die samelewing het ten goede verander.
Kinders word self veranderingsagente in die samelewing.
Hulle leef volgens Bybelse standaarde en beginsels, en is eerlik, eties en hardwerkend.
Wanneer hulle gekonfronteer word met situasies waar hul Bybelse beginsels uitgedaag word, staan hulle hul man en sê dat dit nie saak maak wat dit verg nie: hulle sal nie kompromieë aangaan wat hul Christelike beginsels betref nie, ten spyte dat daar teen hulle gediskrimineer word.
Dit het 'n proses begin om die oë van die gemeenskap oop te maak.